‘n Gemeenskap wat omgee
Misdaad voorkoming en bemagtiging tot eie veiligheid
Ons ontstaan
Outeniqualand Plaaswag is gestig in 2020
Die Plaaswag is gestig in Oktober 2020 nadat die behoefte geidentifiseer is om die groter Sinksabrug area, wat onder die Grootbrak SAPD area val (nou die Oos Sektor), te bemagtig om hulle eie veiligheid te verbeter. Later is die are vergroot en is die Friemersheim omgewing (Wes Sektor) sowel as die Hoogekraal omgewing (Suid Sektor) is geïnkorporeer.
Verskeie projekte is sedertdien reeds suksesvol voltooi soos onder andere die oprigting van netwerk LPR (Licence Plate Recognotion) kameras, die aankoop van ‘n “thermal” hommeltuig en vele ander gemeenskaps projekte. Baie deurbrake is al gemaak in die voorkoming van misdaad en vele misdadigers het al hulle rieme styf geloop en is suksesvol gestop en/of vervolg deurdat die plaaswag inligting kon insamel en SAPD kon bystaan en help.
Wie ons is
Die Outeniqualand gemeenskap bestaan hoofsaaklik uit landbou grond maar sluit ook verskeie ander nedersettings in. Dit strek van informele nedersettings en kleinhoewes tot by groot kommersiële plase.
Dit is ‘n baie wye area en die plaaslike SAPD is te dun gesaai om so ‘n groot gebied te beveilig met die beperkte hulpbronne wat die staat hulle gee. Altyd meer as gewillig om te help en bo verwagting te gaan, staan die gemeenskap hulle met graagte by.
Almal in die gemeenskap kan ook nie bekostig om hulle eie sekuriteit aan te skaf nie en dit is ook nie doeltreffend nie. Saam as gemeenskap kan ons egter ‘n daadwerklike verskil maak in misdaad bekamping.
Hoe om aan te sluit
‘n Paar maklike stappe

Sluit Aan
Kontak ons vir meer inligting.
Lede word daarna gelaai op 'n WhatsApp groep relevant tot die area waar hulle woon en/of die groepe waar hulle betrokke raak met die plaaswag.

Liggings word geplot
Alle lede se liggings word geplot op ‘n kaart waartoe slegs bestuur toegang het om sodoende nodige nooddienste vinnig by die regte perseel te kan kry.

Maandelikse Bydrae
‘n Maandelikse vrywillige bydrae kan gemaak word sou dit in die lid se vermoeë wees. Ons wil niemand uitsluit nie, maar die fondse is brood nodig om die maandelikse kostes te dra.

Bord Word Uitgereik
Indien 'n bydrae gemaak word sal die plaaswag ‘n bord uitreik met u plaasnommer wat dit maklik maak vir enige nooddienste om u eiendom te vind. Die plaaswag se kontakbesonderhede is ook daarop sodat verbygangers kan kontak maak wanneer hulle verby 'n eiendom beweeg en onraad vermoed of net ‘n bees wil aanmeld wat in die pad loop.
Addisionele borde kan aangekoop word indien verlang teen kosprys. Kontak ons vir meer inligting.
Maandelikse Bydrae
Uitgawes wat gedek moet word is as volg:
Maadelikse LPR kamera sagteware (+/- R6000/maand), maandelikse versekering vir kameras, hommeltuig en toerusting, tweerigting radio lisensies, aankope van toerusting om patrollielede onder andere mee toe te rus en onderhoud van kameras.
Area Noodnommers
Outeniqualand Plaaswag
Polisie
George Munisipaliteit
Kontak Ons
Voorsitter
Onder Voorsitter
Administrasie
Lede, finansies, kommunikasie, toerusting, ens.
Operasionele Leiers
Reël van operasionele aangeleenthede. Nuwe projekte, gebeurlikheids beplanning, patrollies, ens.
Inligting Leiers
Gemeenskap verhoudings bou, insamel en verwerking van inligting, ens.